Your privacy choices

As described in our Privacy Policy, we collect personal information from your interactions with us and our website, including through cookies and similar technologies. We may also share this personal information with third parties, including advertising partners. We do this in order to show you ads on other websites that are more relevant to your interests and for other reasons outlined in our privacy policy.

Sharing of personal information for targeted advertising based on your interaction on different websites may be considered "sales", "sharing", or "targeted advertising" under certain U.S. state privacy laws. Depending on where you live, you may have the right to opt out of these activities. If you would like to exercise this opt-out right, please follow the instructions below.

If you visit our website with the Global Privacy Control opt-out preference signal enabled, depending on where you are, we will treat this as a request to opt-out of activity that may be considered a “sale” or “sharing” of personal information or other uses that may be considered targeted advertising for the device and browser you used to visit our website.

Van skoolhou tot KAROO MANNA 

Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas.

Spreuke 19:21

Ek het onderwys studeer en toe met die liefde van my lewe, ’n boer, getrou. Ek het kort daarna ’n aanstelling in ’n tydelike departementele pos by ’n skool in ons dorpie se informele nedersetting gekry, waar ek skoolgehou het tot my kontrak in Desember 2023 verval het. Hier het ek ’n paar dinge gesien en geleer wat ek nooit sal vergeet nie.

Ek het gesien hoe ’n Chappie in die helfte gebyt word om dit te deel. Ek het gesien hoe daar oor ’n pop en ’n albaster baklei word want die kinders het nie so iets by hul huise nie. Ek het gesien hoe ’n sokkerbal lyk wat van broodsakkies gemaak is, en hoe ’n teelepel suiker in ’n plastieksakkie skool toe gebring word op ’n Vrydag, want Vrydag is krummelpapdag. Ek het ook opgelet dat hierdie kinders nooit kla nie – asof om niks te hê nie glad nie ’n probleem is nie, en asof hulle iets het wat ek nie het nie. Hierdie kinders maak mekaar groot; hulle is gewoond aan kind-alleen by die huis wees; hulle weet wat dit is om min te hê en alles te deel; hulle is “streetwise” en tog is hulle kind. Hulle is sterker as wat ek ooit in my lewe sal wees, en hulle het my baie meer geleer as wat ek hulle kon leer.

Kort ná my troue het ek ’n sekere prentjie in my kop gehad van hoe my lewe gaan lyk, maar dit het baie anders uitgedraai. Vandag besef ek net weer, dit is Sy plan, nie myne nie.

Ná my kontrak verval het, moes ek ’n nuwe plan en “purpose” kry. Ek het met my sosiale mediablad begin, en een ding het tot die volgende gelei. Ek het vir baie dinge gebid wat nie waar geword het nie, en as ek terugdink was selfs dit ’n seën. Tussen die Hemel en die klipkoppies, in my kombuis, kry ek toe my reën – dubbeld soveel manna as waarvoor ek gebid het.

Alle eer aan God.